Skip to the content

Jou tuiste langs die tuinroete!

ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van die George-lughawe.

Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie. Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Hartenbos is ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

ATKV-Hartenbos is 'n semifinalis van die AA Travel Guide/American Express-akkommodasietoekennings in die kategorie: Groot selfsorgoorde in Suid-Afrika.

 

Promosies

Bly vir minder die somer by ATKV-oorde. Spesiale aanbod vir Januarie & Februarie nou beskikbaar.

Aanlyngeskenkbewyse

Wil jy graag iemand bederf met ’n ervaring as geskenk?  
Kliek hier om ’n ATKV-geskenkbewys te koop.

COVID-19 Suid-Afrika

Vir die nuutste inligting rakende die koronavirus in SA, volg gerus die skakel.

Akkommodasie

ATKV-Hartenbos het inderdaad selfsorg-akkommodasie vir ’n ieder en ’n elk.

Kothuise ATKV Hartenbos

Kothuise

5-Slaper Eenhede

Oranjehof rooms ATKV Hartenbos

Oranjehof-kamers

2/3-Slaper Eenhede

Rondawels

2, 3 en 4-Slaper Eenhede

50-PLUSSERS!

Bosveld op sy beste!

Die ATKV maak jou Bosvelddrome waar met Negester Klein-Kariba.