Skip to the content

GrootJol is op pad na jóú

Vanjaar jol ons die land aan die brand met die grootste buitelug-feestoer wat Suid Afrika nóg gesien het.

Na die reuse sukses wat die GroolJol fees in Pretoria (Mei) en Hartenbos (Desember) geniet het, is dit goed gedink om hierdie fees na die mense toe te neem sodat hulle ook hierdie lekker energieke konsert kan beleef.

Oor Desember het honderde duisend mense op Sosiale Media gegons oor hoe lekker die GrootJol in Hartenbos gelyk het en nou is dit hulle kans om te kom langarm onder die sterre, smul by die kos stalletjies, en hulle dors te les op die maat van hulle gunsteling kunstenaars se musiek.

Verdere 10% afslag
geldig indien jy jou
kaartjies deur die
Groot Chat Whatsapp groep
koop!

Kliek hier om deel te wees van die
Groot Chat

Skandeer vir ons WhatsApp

WEN R5000

Wie hou nou nie van 'n man of 'n meisie in 'n "short" nie. 'n Bul met mooi bene en 'n nooi met stywe kuite maak ons knieë lam.

Wys ons jou bene of kuite en staan 'n kans om by jou dorp se GrootJol as BeneBul of KuiteNooi aangewys te word en 'n prysgeld van R5000 los te slaan.

Jy moet kaartjies he en die Grootjol in jou dorp bywoon om in aanmerking te komvir die prysgeld. Deel jou bene foto's op sosiale media vir ons om te sien, gebruikdie hutsmerk vir watter dorp jy inskryf (bv. #benebulkaapstad #kuitenooipretoria).

Kan jy raai wie se bene is hierdie?

Hierdie twee het saam 'n komediese liedjie gesing op die Afrikaans is Groot verhoog in 2022. Een gelukkige persoon wat reg raai staan 'n kans om 2 kaartjies na hul gekose Grootjol te wen.

Kaartjies vir die Grootjol toer is hier beskikbaar.

Kom jol GROOT met GrootJol - die toer.