ATKV-Hartenbos | Selfsorg Akkomodasie | Konferensie Oord | Karavaan en Kampeering | Wes Kaap | Suid Afrika
 

 

 

 
 
 
  
 
    Akkommodasie
    Ander Dienste
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Historiese oorsig
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Museum
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir bespreking
    Reisigersinligting
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toere
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
ATKV-Hartenbos Vakansieoord

GPS-koördinate: 34º07'29.8" S / 22º06'44.6" E

Laat die son en die seebries jou sorge wegstreel by ATKV-Hartenbos aan die Suid-Kaapse kus. Hier kry jy alles onder die son by die see. Dié oord, wat tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer agt kilometer van Mosselbaai en veertig kilometer van George se lughawe af op die Tuinroete lê, spog met een van die matigste klimate ter wêreld!

ATKV-Hartenbos word toenemend beskou as een van die Suid-Kaap se gesogste vakansie-, konferensie- en toeristebestemmings. Dis ook ’n ideale basis waarvandaan jy verder kleur aan jou vakansie kan verleen met besoeke aan talle toeriste-aanloklikhede in die omgewing. Die oord bied ’n groot verskeidenheid huisvesting, wat wissel van rondawels, luukse twee- en drieslaapkamereenhede en woonstelle wat ideaal vir groepe ingerig is tot kampeer- en woonwafasiliteite, waarvan die meeste ’n lieflike seeuitsig bied.

Dan is daar nog ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, wat ’n binnenshuise verhitte swembad, ’n goed toegeruste winkel en een van die modernste Spur-restaurante in die land insluit.

Afrikaans het in sy ontwikkelingsgang ’n ryk skat gedigte opgelewer wat ’n wonderlike beeld gee van ons pragtige land en sy mense. Ontdek al stappende langs die ATKV-wandelroete reg langs die see ’n deel van dié skat. Sestien bekende Afrikaanse digters se see-poësie kan op hierdie wandellaan van twee kilometer lank gelees word. Vir leergierige vakansiegangers bied die oord ook ’n museum oor die Groot Trek, met interessante uitstallings.

 


 



 

 


 


Terme en voorwaardes [kliek hier] 



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]