Skip to the content
Dubbel klik vir vol skerm

CAMPVIEW

Oorweeg jy dit om ATKV-Hartenbos te besoek?
Wonder jy hoe dit hier by ons lyk?
Nou het jy die geleentheid om die oord uit die gemak van jou eie huis te ervaar met Campview se 360 virtuele toer. Loer gerus hier om te sien hoe jou eenheid of staanplek lyk en wat die oord het om te bied. Hierdie virtuele toer maak jou vakansiebeplanning selfs nog makliker.

ATKV-Hartenbos Ses-bed-strandhuis

Die ses-bed-standhuis het twee slaapkamers – een met ’n dubbelbed en een met twee enkelbeddens. Daar is nog ’n bed asook ’n slaapbank in die leefarea. Die badkamer beskik oor beide ’n stort en ’n bad. Die kombuis is ten volle toegerus en daar is ’n televisie in die leefarea met DStv. Buite is onderdakparkering en braaifasiliteite.

ATKV-Hartenbos Vier-bed-strandhuis

Hierdie strandhuise huisves vier mense – twee in een slaapkamer met ’n dubbelbed en twee in ’n ander slaapkamer met twee enkelbeddens. Die eenhede het ten volle toegeruste kombuise asook DStv. Die badkamers beskik oor ’n bad, stort, wasbak, en toilet. Die eenhede het ook onderdakparkering en braaifasiliteite.

ATKV-Hartenbos Ses-bed-strandhuis

Hierdie ses-bed-strandhuise het twee slaapkamers; een met ’n dubbelbed en die ander met drie enkelbeddens. Daar is ’n slaapbank in die leefarea. Elke eenheid het ’n ten volle toegeruste kombuis en oopplanleefarea wat ’n televisie met DStv insluit. Die badkamer het ’n bad, stort, en wasbak, en daar is ’n aparte toilet.